Welkom
Kreatiewe skryfwerk
My eerste storie se naam was ‘Die Mysie wat in ‘n Blom virandir is’. Kort op dié meesterwerk se hake was ‘Die Voel wat Goue Eiers gilê het’, geskryf op dot-matrix papier en pragtig geïllustreer met nare, slym-druppende hekse en voëls wat in mid-vlug strome eiers lê. Ek besef nou dat ‘Mysie’ en ‘Voel’ eienaardig baie na stories uit my Groot Sprokie Omnibus geaard het, maar dit was darem die begin van ‘n groot liefde vir skryf. Sedertdien het ek al heelwat stories, tydskrif- koerant- en webartikels geskryf (hopelik meer oorspronklik as hul voorouers).
Portefeulje
Hierdie blog bevat ‘n versameling tydskrif- en koerantartikels uit my portefeulje. Om dit makliker te maak om die portefeulje te gebruik, is die artikels volgens tags en categories gesorteer.
TagsAan die regterkant van die skerm is daar ‘n Tag Cloud met verskillende sleutelterme, byvoorbeeld ‘biografie’, ‘letterkunde’ en ‘televisie’. Hierdie terme word tags genoem. Elke artikel is met ‘n paar relevante tags gemerk, wat dit maklik maak om artikels volgens tema en onderwerp te sorteer.
Categories
Onder die Tag Cloud is daar skakels na twee verskillende kategorieë, ‘Koerant’ en ‘Tydskrif’. Die artikels is verdeel volgens die media waarin dit oorspronklik gepubliseer is.
CV
Om my CV af te laai het jy ‘n sleutelwoord nodig. Om dié password te kry, kontak my op die ‘CV’ of ‘Kontak’ blaaie.
Sandpit
‘Sandpit’ is ‘n versameling van skryfwerk uit my studente-dae. Net soos kinders hulle verbeeldings vrye teuels kan gee in ‘n sandpit, was jeug- en studentekoerante die ideale plek om my skryfkuns te oefen.